image

image


>



Eeufees Program...


APRIL – BEJAARDESORG

‘n Konferensie oor bejaardesorg word deur die hoofbestuur gereël vir 23 April 2008 - dit vind in Bloemfontein plaas. Die hoofspreker, mnr Rayne Stroebel van Geratec.
 


MEI – KINDERS EN GESINNE

Die tema vir die hoofbestuurprojek vir hierdie maand is: “Geweld teen vroue en kinders” - en sal in Parys aangebied word. Dit sal die vorm van ‘n konferensie aanneem. ‘n Fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek in samewerking met die nuutgekose Mev Suid-Afrika, sal terselfdertyd aangebied word. Die hoofbestuur het in 2007 ‘n veiligheidshuis vir getraumatiseerde kinders in Parys aangekoop met geld wat van die Nasionale Lotery ontvang is. Dié huis sal ook tydens hierdie geleentheid amptelik geopen word. Mev Darien Oosthuizen is gemoeid met die reëlings hiervoor. ‘n Oggendseminaar oor gesinsgeweld en trauma, in samewerking met die NG Gemeente Berg-en-Dal word beplan vir 25 Mei 2008. Die aanbieding is in Bloemfontein.


JUNIE - NOODLENIGING

‘Om uit te reik na mense-in-nood was destyds die grondslag vir die stigting van ons organisasie en het deur die jare die motivering gebly waarom persone as vrywilligers aangesluit het. Vrystaat-versorging is bekend daarvoor om komberse, kos en klere aan minderbevoorregtes dwarsdeur die jaar te gee, maar veral gedurende die winter. Daarom is besluit om tydens Junie hieraan aandag te gee.


JULIE – WERKSKEPPING EN BEMAGTIGING

Die hoofbestuur beplan om werkswinkels op vier dorpe oor die daarstelling van werkskeppingsprojekte gedurende Julie aan te bied. Dit sal prakties van aard wees en takke sal die geleentheid gebied word om by mekaar te leer. ‘n Gedeelte van die werkswinkel sal handel oor fondsinsameling. Idees oor projekte wat werk, sal uitgeruil word. ‘n Leierskapseminaar in samewerking met die Sentrale Universieteit vir Tegnologie is in beplanning. Indien dit realiseer, sal meer inligting so gou moontlik verstrek word.


AUGUSTUS: VRYWILLIGERS

Vrywilligers het oor baie jare ‘n baie belangrike rol in die organisasie gespeel en word gedurende Augustus hulde aan hulle gebring en dankie gesê. Onthou die oud-lede en oud-voorsitters – betrek hulle ook. U kan self besluit wat u wil doen – bederf almal sommer net.


SEPTEMBER – DINEE EN KONGRES

Die eeufeesdinee vind op 17 September plaas en die eeufeeskongres op 18 September 2008. Meer besonderhede sal so spoedig moontlik verstrek word. Dit sal die hoogtepunt en afsluiting van die eeufeesvieringe wees.




image
image
image