image

image





Kinder- en Gesinsorg...

Crèches

Die eerste sewe jaar, is die belangrikste ontwikkelingsjare van ‘n persoon en plaas Vrystaat-versorging dus ‘n hoë premie op die vroeë ontwikkeling van kinders. 19 preprimêr-cum-kleuterskole en crèches word vir dié doel bedryf en ‘n totaal van 1016 kinders word daagliks hier versorg.

Sommige van hierdie fasiliteite funksioneer op ‘n baie hoë vlak en bied uitmuntende voorskoolse opvoedingsgeleenthede aan kinders waarop die instansie baie trots is.

Vrystaat-versorging is verbind tot hulp aan die armstes van die armes. Daar word dus sterk gefokus om ook aan minderbevoorregte kleuters ‘n gehalte voorskoolse sorg en stimulasie te bied.

Die crèches word bemagtig deur opleiding aan besture en personeel te verskaf. Vrywilligers ondersteun die fasiliteite deur middel van die instandhouding van geboue asook die skenking van speelmateriaal en voedsel.

Vrystaat-versorging werk ten nouste saam met relevante staatsdepartemente om toe te sien dat die dagsorgfasiliteite voldoen aan die standaarde en vereistes wat gestel word.

Danksy toekennings uit die Nasionale Lotery Fonds, kon die vlak van funksionering van personeel van crèches verhoog word deur hulle by ‘n geakkrediteerde opleidingsprogram in te skakel.










Ouerleiding

Vrystaat-versorging in Aksie bied reeds vir 30 jaar ouerleidingsprogramme aan waardeur ouers se ouerskapvaardighede versterk word. Vir die doel word gebruik gemaak van ouerleidinglesings wat deur kundiges opgestel is. Uittreksels uit die lesings verskyn daagliks in Volksblad onder die opskrif “Jy en Jou Kind”. Hierdie uittreksels het soveel byval by die publiek gevind dat dit in boekvorm saamgevoeg is en verkoop word.

“Jy en Jou Kind” Volume 1, fokus op peuters en kleuters en volume 2, op tieners. Volume 1 is ook in Sotho vertaal en kan van die hoofkantoor aangekoop word. Temas wat deur ouerleidinglesings gedek word, sluit onder ander in: dissipline, hulp met skoolwerk, geslagsopvoeding, invloed van TV op die kind, selfoonpornografie, hersaamgestelde gesin, enkelouerskap, dwelmmisbruik ens.

Ouerleidinggroepe, waar ouers op gereelde basis in groepverband bymekaar kom onder leiding van opgeleide groepleiers om meer kennis te bekom, hul ervarings te deel en mekaar te ondersteun. Ouerleidingseminare word gereeld aangebied om in die behoeftes van ‘n wyer teikenmark te voldoen.









image
image
image