|
Otwikkeling en bemagtiging...
Soos die missie aandui, is Vrystaat-versorging in Aksie daartoe verbind om
diegene aan wie hulp verleen word, ook te ontwikkel en bemagtig. Sodoende word
hulle in staat gestel om in die toekoms selfstandig te kan funksioneer.
Voorbeelde van ontwikkelings- en bemagtigingsprogramme is:
Voorbereiding vir aftrede
Voorbereiding op aftrede: Dit is noodsaaklik dat persone betyds moet beplan vir
hul aftrede. Hierdie programme word dus aangebied aan persone bo 45. Dit dek
terreine soos finansies, emosionele en sosiale funksionering, godsdiens,
vryetydsbesteding en gesondheid

Voorkoming van alkohol- en dwelmmisbruik
Voorkoming van alkohol- en dwelmmisbruik: Die program is veral
gerig op tieners. ‘n Video asook hulpmiddels soos vraelyste en
inligtingspamflette word benut om tieners bewus te maak van die gevare van
alkohol- en dwelmmisbruik.

Ekonomiese bemagtiging van vroue
Ekonomiese bemagtiging van vroue: Maatskaplike werkers van
Vrystaat-versorging in Aksie het die program ontwikikel om vroue uit
agtergeblewe gemeenskappe ekonomies te bemagtig. Inligting word verskaf oor
aspekte soos begroting, ekonomiese maaltye, benutting van bankdienste ens.

Bestuursvaardighede
Hierdie program bied opleiding oor basiese bestuursvaardighede.

Lewensvaardigheidsprogramme
Dit sluit ‘n verskeidenheid van programme in wat persone bemagtig ten opsigte
van selfbeeldontwikkeling, interpersoonlike verhoudings, kommunikasie, ens.

Voorkoming van MIV/VIGS
Voorkomingsprogramme wat aangebied word vir verskeie teikengroepe soos kleuters,
skoolkinders, jeugdiges en volwassenes

Vroue-reik-uit-programme
Met hierdie program word beoog om die vaardighede ten opsigte van
kinderopvoeding en huisbestuur te optimaliseer.

Bemagtiging van vroue wat slagoffers is van gesinsgeweld
Hierdie program word deur maatskaplike werkers benut om vroue wat vasgevang is
in ‘n geweldsituasie, meer weerbaar te maak en hul in staat te stel om uit die
omstandighede te ontsnap.

Kontak ons vir meer inligting
|