|
Noodleninging en armoedeverligting...
Vrystaat-verorging in Aksie het ontstaan uit die behoefte van vroue
om die nood te verlig van mense wat in materiële nood gedompel was na afloop van
die Anglo Boere-oorlog. Noodleniging en armoedeverligting is 100-jaar later,
steeds ‘n prioriteit by die organisasie.
Maatskaplike noodleniging word gebied in die vorm van kospakkies, die bedryf van
sopkombuise en die voorsiening van klere en komberse aan behoeftige persone.

Daar word gepoog om diegene aan wie maatskaplike noodlening gebied word, by
inkomstegenererende projekte te betrek. Verskeie suksesvolle
werkskeppingsprojekte, veral naaldwerk- en bakprojekte asook groentetuine, word
deur hierdie persone bedryf.

Werklose mense word ook ondersteun met die opstel van CV’s asook gehelp om
geskikte betrekkings te bekom. Waar nodig, word persone gehelp om aansoek te
doen vir maatskaplike toelae waarvoor hulle kwalifiseer.

Vrystaat-versorging is die gemeenskap baie dankbaar vir die skenkings en
ondersteuning wat hy ontvang om hierdie baie noodsaaklike dienste te kan lewer.

Die toekenning wat die instansie jaarliks uit die Volksblad Kersfonds ontvang en
wat uitsluitlik vir noodleniging aangewend word, stel hom in staat om werklik ‘n
verskil in die lewe van duisende minderbevoorregtes te maak.

Kontak ons vir meer inligting
|