Bejaardesorg...
Die versorging van bejaardes is ‘n belangrike komponent van dienslewering
van Vrystaat-versorging en vind op vier vlakke plaas.
|
Bejaardes met sosiale
probleme
Dienste word eerstens deur maatskaplike werkers aan bejaardes met maatskaplike
probleme gelewer. |
|
|
Klubs en gemeenskapsentrums
Klubs en gemeenskapsentrums is ‘n tweede vlak van dienslewering waar aan
aktiewe bejaardes die geleentheid gebied word tot gesellige samesyn en om onder
meer die volgende dienste te kan gebruik: gesondheidsdienste, vervoer, tuishulp
en etes. ‘n Totaal van 20 fasiliteite word vir die doel bedryf.

|
 |
|
| Tehuise vir bejaardes
Die derde vlak van dienslewering is die bedryf van aftree-oorde waar
veilige en bekostigbare behuising aan selfversorgende bejaardes gebied word. Die
vereniging bedryf 20 van hierdie oorde, waar huisvesting aan 359 bejaardes
gebied word.
|
|
Hoewel voorsiening vir bejaardes van alle ekonomiese vlakke gemaak
word, bied Vrystaat-versorging in sy aftree-oorde hoofsaaklik
verblyf vir sub-ekonomiese bejaardes. |
 |
|
Eenkamer-, eenslaapkamer- en tweeslaapkamer-woonstelle is beskikbaar.
Die meeste van hierdie woonstelle is op dieselfde terrein as ‘n
tehuis vir bejaardes van Vrystaat-versorging en maak die oorbeweeg
van ‘n woonstel na die tehuis ‘n makliker en natuurlike proses vir
die bejaarde.
  |
|
|
Tehuisversorging
Tehuisversorging, die vierdie vlak van dienslewering, is in baie gevalle
die laaste tuiste vir bejaardes en is dit belangrik vir Vrystaat-versorging dat
sy tehuise ‘n puik versorgingdiens sal lewer, wat die lewenskwaliteit van alle
inwoners tot die einde sal verseker, en daarom is dit belangrik dat die
individuele sorgplan van elke persoon die versorgingsprogram rig.
In aggenome dat hoofsaaklik verswakte bejaardes vandag in tehuise opgeneem word
en ‘n groot verpleegkorps nodig is om hulle te versorg, het tehuisversorging ‘n
baie duur diens geword.
|
Hoewel beheerrade van tehuise daadwerklik probeer om losiestariewe so laag as
moontlik te hou, bly dit ‘n duur diens. Betrokkenheid van die gemeenskap, hetsy
van geldelike of praktiese aard, word dus altyd verwelkom.
Vrystaat-versorging se 14 tehuise bied aan 760 bejaardes versorging. Die
departement van maatskaplike ontwikkeling subsidieer slegs 200 van hierdie
bejaardes (gedeeltelik) en is kinders en familielede genoodsaak om die tekorte
op hul losies aan te vul.
Kinders en familielede dra in baie gevalle ook by tot die losies van inwoners
wat nie gesubsidieer word nie en in gevalle waar hulle dit nie kan bygbring nie,
is die tehuis genoodsaak om die tekorte te dra. Voorafgaande het ernstige
geldelike implikasies vir tehuise aangesien dit duisende rande per maand beloop. |
 |
Die afgelope paar jaar het Vrystaat-versorging se tehuise ontwikkel in
gemeenskapsentrums en fokus dienste lank nie meer net op inwoners in die tehuis
nie. Tehuise lewer vandag ook dienste aan bejaardes in die gemeenskap, veral in
die swart gemeenskap – hoofsaaklik in die vorm van die verskaffing van etes,
voorsiening van inligting en opleiding van familielede as versorgers.
‘n Totaal van 1562 bejaardes in die gemeenskap baat jaarliks by hierdie tipe
dienslewering
 |
|