Mentorskap...
As gevestigde en erkende welsynsorganisasie is Vrystaat-versorging in Aksie
hoofbestuur en sommige dienste vir geruime tyd ook gemoeid met die bemagtiging
van ontwikkelende gemeenskaps- en nie-regeringsorganisasies.
Hierdie bemagtiging behels onder meer dat die instansies bestuursopleiding
ontvang en geleer word hoe om finansies te hanteer asook om hulle optimale vlak
van funksionering te beriek
Praktiese hulp word ook verleen en vergaderings van tyd tot tyd bygewoon.
Ontwikkelende gemeenskaps- en nie-regeringsorganisasies kwalifiseer in baie
gevalle nie om by groot donateurs of die Nasionale Lotery aansoek om befondsing
te doen nie en stel Vrystaat-versorging hulle daartoe in staat deur
vennootskapsaansoeke te doen.

‘n Bedrag van R1,5m is bv. vir hierdie doel deur die Lotery Raad aan
Vrystaat-versorging hoofbestuur toegeken om ontwikkellende
gemeenskapsorganisasies soos, Faith Centre, Iphahamiseng en African Day Care
Centre in Bloemfontein en omgewing te bemagtig.

Vrystaat-versorging wat as vennoot optree, sien in so ‘n geval toe dat die
toegekende bedrag vir die doel waarvoor dit aangevra is, aangewend word, dat die
projek effektief bestuur word en dat volledig verslag aan die donateur gedoen
word oor die vordering van die projek.

Kontak ons vir meer inligting
|