|
Ouerleiding...
Vrystaat-versorging in Aksie bied reeds vir 30 jaar ouerleidingsprogramme
aan waardeur ouers se ouerskapvaardighede versterk word. Vir die doel word
gebruik gemaak van ouerleidinglesings wat deur kundiges opgestel is. Uittreksels
uit die lesings verskyn daagliks in Volksblad onder die opskrif “Jy en Jou
Kind”. Hierdie uittreksels het soveel byval by die publiek gevind dat dit in
boekvorm saamgevoeg is en verkoop word.
“Jy en Jou Kind” Volume 1, fokus op peuters en kleuters en volume 2, op
tieners. Volume 1 is ook in Sotho vertaal en kan van die hoofkantoor aangekoop
word. Temas wat deur ouerleidinglesings gedek word, sluit onder ander in:
dissipline, hulp met skoolwerk, geslagsopvoeding, invloed van TV op die kind,
selfoonpornografie, hersaamgestelde gesin, enkelouerskap, dwelmmisbruik ens.

Ouerleidinggroepe, waar ouers op gereelde basis in groepverband bymekaar kom
onder leiding van opgeleide groepleiers bymekaar om meer kennis te bekom, hul
ervarings te deel en mekaar te ondersteun. Ouerleidingseminare word gereeld
aangebied om in die behoeftes van ‘n wyer teikenmark te voldoen.

Vrystaat-versorging in Aksie is tans besig met die vestiging van ‘n kletskamer
vir ouers op die Internet. Intekenare kan hul ouerskapsvrae met mekaar bespreek
en ook raad ontvang van ‘n span kundiges.

Kontak ons vir verdere inligting
|