image

image





Maatskaplikewerkdienste - Ons kernbesighed...

 
Vrystaat-versorging in Aksie bedryf 17 maatskaplikewerkkantore in alle streke van die Vrystaat. Die organisasie het vir dié doel, 32 maatskaplike werkers, 19 maatskaplike hulpwerkers asook administratiewe personeellede in diens. Hulle hande word deur ‘n sterk span vrywilligers gesterk.

Dienste behels die volgende:

Maatskaplike werk

Maatskaplike werk wat gerig is op voorkoming van maatskaplike probleme soos, alkohol- en dwelmmisbruik, MIV/VIGS, seksuele molestering, gesinsgeweld en kinderverwaarlosing. Voorkomingsdienste word gelewer in die vorm van bewusmakings- en voorligtingsprogramme aan verskeie teikengroepe binne die breë gemeenskap. Dit sluit aksies soos vakansieprojekte, gesinskampe, werkskepping- en voedingsprojekte in. 53,431 persone is die afgelope boekjaar deur middel van voorkomingsdienste bereik.


Vroeë intervensiedienste

Vroeë intervensiedienste word gelewer aan persone wat hulp benodig aangesien hulle met maatskaplike probleme te kampe het. Hulp in die vorm van terapeutiese en beradingsdienste asook spelterapie met kinders, word verleen.

Persone met homogene probleme soos materiële nood, huweliks-, alkoholprobleme of MIV/VIGS word, wanneer die behoefte hom uitwys, in groepe hanteer. In die groepe kry die persone ook geleentheid om by mekaar te leer en mekaar te ondersteun. Vroeë intervensiedienste is in 2007 aan 11,291 persone gelewer en 8572 is by groepe betrek.


Statutêre dienste

Statutêre dienste, waar probleme van so ‘n ernstige aard is dat statutêre ingryping deur middel van die kinder- of kriminele hof genoodsaak is. Statutêre optrede word net as laaste uitweg gevolg en word deur intensiewe dienste voorafgegaan. Daarvolgens kan kinders van hul ouers verwyder en in aanneming, pleegsorg of inrigtingsorg geplaas word. Persone wat hul skuldig maak aan ernstige alkoholmisbruik, kan verwys word na rehabilitasiesentrums. Maatskaplike werkers dien ook verslae vir die kriminele howe in met aanbevelings oor die wenslikheid van vervolging van die oortreder of ‘n gepaste vonnisoplegging.


Danksy befondsing deur die Nasionale Lotery Raad, kon Vrystaat-versorging begin om veiligheidshuise daar te stel vir kinders wat geen heenkome het nie en ten opsigte van wie ‘n statutêre proses begin is.

Die Lotery Raad het ook die Brandfort-diens van Vrystaat-versorging daartoe in staat gestel om ‘n pleegsorg dorpie – Reakghatalla Foster Cluster Village – op die been te bring waar in 20 huise aan pleegkinders versorging gebied word.
 

 

 



Kontak ons vir meer inligting




 
image
image
image