|
Welkom...
Dankie dat jy ons webwerf besoek. Hier op die Tuisblad sal jy 'n kort
opsomming kry van al die aktiwiteite waarby Vrystaat-versorging in Aksie
betrokke is. Spandeer gerus 'n bietjie tyd om deur ons webwerf te blaai en
moenie huiwer om ons te kontak indien u meer
inligting verlang nie.
Maatskaplikewerkdienste - Die Kernbesigheid
Die beskerming en beveiliging van kinders, die opvoeding van die jeug asook die
opheffing en bemagtiging van gesinne, vorm die kernbesigheid van
Vrystyaat-versorging in Aksie.
As gesinsorgorganisasie lê die passie van personeel en vrywilligers wat op
hierdie diensterrein werk, juis daarin om ‘n veiligheidsnet vir kinders te skep
en om ouers en versorgers maksimaal vir hul taak toe te rus.
Lees meer..

Ontwikkeling en bemagtiging
Soos die missie aandui, is Vrystaat-versorging in Aksie daartoe
verbind om diegene aan wie hulp verleen word, ook te ontwikkel en bemagtig.
Sodoende word hulle in staat gestel om in die toekoms selfstandig te kan
funksioneer.
Ontwikkelings- en bemagtigingsprogramme word deur maatskaplike werkers,
hulpwerkers en vrywilligers aangebied. Altesaam 27 484 persone is in 2009 deur
middel van hierdie programme bereik.
Lees meer...

Noodleniging & Armoedeverligting
Noodleniging en armoedeverligting is 100-jaar later, steeds ‘n
prioriteit by Vrystaat-versorging in Akie. Maatskaplike noodleniging word gebied in die vorm
van kospakkies, die bedryf van sopkombuise en die voorsiening van klere en
komberse aan behoeftige persone. Gedurende 2007 is maatskaplike noodhulp aan
28,090 persone verleen.
Lees meer...

Heenkome aan bejaardes
Die versorging van bejaardes is ‘n belangrike komponent van dienslewering van
Vrystaat-versorging en vind op vier vlakke plaas.
Dienste word eerstens deur maatskaplike werkers aan bejaardes met maatskaplike
probleme gelewer.
Lees meer...

Dagsorg vir kinders
Die eerste sewe jaar, is die belangrikste ontwikkelingsjare van ‘n persoon en
plaas Vrystaat-versorging in Aksie dus ‘n hoë premie op die vroeë
ontwikkeling van kinders. 19 preprimêr-cum-kleuterskole en crèches word vir dié
doel bedryf en ‘n totaal van 1016 kinders word daagliks hier versorg.
Lees meer...

Ouerleiding
Vrystaat-versorging in Aksie bied reeds vir 30 jaar ouerleidingsprogramme
aan waardeur ouers se ouerskapvaardighede versterk word. Vir die doel word
gebruik gemaak van ouerleidinglesings wat deur kundiges opgestel is. Uittreksels
uit die lesings verskyn daagliks in Volksblad onder die opskrif “Jy en Jou
Kind”. Hierdie uittreksels het soveel byval by die publiek gevind dat dit in
boekvorm saamgevoeg is en verkoop word.
Lees meer...

Mentorskap
As gevestigde en erkende welsynsorganisasie is Vrystaat-versorging in Aksie
hoofbestuur en sommige dienste vir geruime tyd ook gemoeid met die bemagtiging
van ontwikkelende gemeenskaps- en nie-regeringsorganisasies. Hierdie bemagtiging
behels onder meer dat die instansies bestuursopleiding ontvang en geleer word
hoe om finansies te hanteer asook om hulle optimale vlak van funksionering te
bereik.
Lees meer...

Werknemerbystandsprogramme
Vrystaat-versorging in Aksie het onlangs ‘n nuwe terrein betree deurdat die
organisasie betrokke geraak het by bystandsprogramme vir werknemers van firmas
in die korporatiewe sektor. Die inisiatief is ‘n uitvloeisel van ‘n behoefte van
die organisasie om waarde toe te voeg tot firmas wat Vrystaat-versorging in
Aksie finansieel ondersteun het. Tans word die diens aangebied aan twee firmas
in Bloemfontein.
Lees meer...

Kontak ons vir meer inligting
|