image

image





replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords replace with your keywords

Werknemerbystandprogramme...


Vrystaat-versorging in Aksie het onlangs ‘n nuwe terrein betree deurdat die organisasie betrokke geraak het by bystandsprogramme vir werknemers van firmas in die korporatiewe sektor. Die inisiatief is ‘n uitvloeisel van ‘n behoefte van die organisasie om waarde toe te voeg tot firmas wat Vrystaat-versorging in Aksie finansieel ondersteun het. Tans word die diens aangebied aan twee firmas in Bloemfontein.

Beraad word verskaf aan werknemers wat gesins- en persoonlike probleme ondervind. Sodoende beoog Vrystaat-versorging om nie net ‘n bydrae te lewer tot verbeterde maatskaplike funksionering van die werknemer nie, maar indirek ook tot verbetering in hul aanpassing en produksie by die werkplek.

Die volgende onderwerpe vorm deel van die lewensvaardigheidsprogramme wat aan groepe werknemers aangebied word:

  • Interpersoonlike verhoudings
  • Hantering van finansies
  • Konflikhantering
  • Selfbeeldontwikkeling
  • Alkohol en dwelms
  • Voorkoming van MIV/VIGS
  • Voorbereiding op aftrede



Kontak ons vir meer inligting




 
image
image
image